WAT IS TOURETTE-SINDROOM?
Die versteuring bekend as Tourette-sindroom (TS) word gekenmerk deur senutrekkings ( tics in engels ), wat onbeheerbare bewegings of geluide is. Volgens die pediatriese neuroloë van die THINK Neurology for Kids-organisasie in Texas, kan hierdie senutrekkings herhaalde oogknip, die konstante optrek van skouers, of die uitblaker van plofwoorde insluit (Think Neurology for Kids, n.d.). Tourette-sindroom, volgens die Nasionale Instituut vir Neurologiese Afwykings en Beroertes (NINDS) (2023), is 'n neurologiese toestand wat kan lei tot spontane, irrasionele en vinnige bewegings of onwillekeurige vokale klanke en woorde. Een van die afwykings van die ontwikkelende senuweestelsel bekend as senutrekking-afwykings ( tic disorders in engels ) is Tourette-sindroom. Cleveland Clinic (2021) definieer Tourette-sindroom (TS) as 'n neurologiese afwyking wat die brein en senuwees aantas en tot gevolg het dat 'n persoon onwillekeurige en onbeheerbare bewegings en geluide maak. Die me