HANTERINGSWENKE
Wat anders moet ek weet?
Aangesien baie
individue nie bewus is van die simptome of oorsake van Tourette-sindroom nie,
weet hulle dalk nie hoe om met iemand met tics
te kommunikeer nie. Kinders en tieners kan verleentheid en frustrasie ervaar as
mense kyk of opmerkings maak. 'n Persoon met TS sal dalk hul situasie aan ander
moet verduidelik óf met bespottings leef óf selfs nuuskierige kyke moet verdra.
Kinders met
Tourette-sindroom kan hul simptome bestuur deur hierdie raad te volg:
Raak aktief. Volgens sommige spesialiste kom kinders, tieners en
volwassenes se tics al hoe minder
voor wanneer hulle op 'n taak gekonsentreer is. Kinders kan hul geestelike en
fisiese energie kanaliseer deur stokperdjies, sport en fisiese aktiwiteite.
Help mekaar. Die hantering van Tourette-sindroom help kinders en
tieners dikwels om meer begrip vir ander mense se gevoelens te hê, veral ander
jongmense wat probleme. Hulle kan dus hul unieke sensitiwiteit gebruik om as vrywilligers
te werk. Die selfvertroue wat voortspruit uit om ander te help, kan ook help om
enige selfbewussyn, oor anders wees, te verwyder.
Aanvaar kreatiwiteit. Om musiek te maak, te skilder of te skryf
is voorbeelde van kreatiewe pogings wat die verstand help om op ander dinge te
fokus en te groei.
Vind ondersteuning. Die Tourette-sindroomvereniging hou
ondersteuningsgroepe met mense wat vertroud is met die probleme wat met die
siekte gepaardgaan.
Neem beheer. Tourette-sindroomlyers kan dalk meer in beheer van hul
lewe voel deur meer oor die siekte te leer, hul dokters baie vrae te vra en
aktief aan hul behandelings deel te neem.
Die fisiese,
emosionele en sosiale struikelblokke wat met Tourette-sindroom geassosieer
word, word verskillend hanteer deur elke individu wat dit het. Kinders met Tourette-sindroom
kan egter geniet om dieselfde aktiwiteite as ander kinders te doen en dit hoef
nie met hul daaglikse lewe in te meng nie (Hasan, 2020).
Vir meer inligting
oor hoe jy jou vriend of vriendin met Tourette-sindroom kan ondersteun, klik op
die onderstaande skakel:
Comments
Post a Comment