WAT IS TOURETTE-SINDROOM?

Die versteuring bekend as Tourette-sindroom (TS) word gekenmerk deur senutrekkings (tics in engels), wat onbeheerbare bewegings of geluide is. Volgens die pediatriese neuroloë van die THINK Neurology for Kids-organisasie in Texas, kan hierdie senutrekkings herhaalde oogknip, die konstante optrek van skouers, of die uitblaker van plofwoorde insluit (Think Neurology for Kids, n.d.). 

Tourette-sindroom, volgens die Nasionale Instituut vir Neurologiese Afwykings en Beroertes (NINDS) (2023), is 'n neurologiese toestand wat kan lei tot spontane, irrasionele en vinnige bewegings of onwillekeurige vokale klanke en woorde. Een van die afwykings van die ontwikkelende senuweestelsel bekend as senutrekking-afwykings (tic disorders in engels) is Tourette-sindroom.

Cleveland Clinic (2021) definieer Tourette-sindroom (TS) as 'n neurologiese afwyking wat die brein en senuwees aantas en tot gevolg het dat 'n persoon onwillekeurige en onbeheerbare bewegings en geluide maak.

Die meeste gevalle van Tourette-sindroom raak kinders tussen die ouderdomme van vier en twaalf, maar dit kan enige persoon tussen die ouderdom van twee en 21 affekteer. Die waarskynlikheid vir ‘n man om Tourette-sindroom te ontwikkel is ongeveer drie tot vier keer hoër as by vroue. (Mayo Clinic, 2018) Kinders is meer geneig om Tourette-sindroom te ontwikkel en die simptome van TS begin gewoonlik toon wanneer kinders ses (6) jaar oud is. Soos hulle ouer word, kan die tics weggaan, maar daar is ook gevalle waar dit aansienlik erger word soos hierdie kinders volwassenheid bereik. 

Vroeë adolessensie is gewoonlik wanneer TS-pasiënte die ergste senutrekking-simptome ervaar, maar teen laat adolessensie tot vroeë volwassenheid neem die tics gewoonlik af en word meer onder beheer. Sommige mense met TS kan chroniese simptome ervaar wat tot in volwassenheid duur. Tics kan soms erger word soos mense ouer word, maar individue met TS het 'n normale lewensverwagting. Die siekte is 'n lewenslange kondisie wat nie degeneratief is nie, wat beteken dat dit nie mettertyd vererger nie.




Comments

Popular Posts